Gratis aflewering op bestellings groter R1000
Afrinique Strikkies is ‘n unieke en spesiale aanlyngeskenkwinkel wat ontwerp is vir daardie onvergeetlike lewensgeleenthede of om sommer ietsie om jouself mee te bederf.
Ons bied ‘n verskeidenheid van beproefde bak-en-brou-resepteboeke, waarin daar, oor baie jare, deur oumagrootjies, oumas en mammas meelboekmerkies gemaak is.
Boonop het ons ‘n pragtige en unieke verskeidenheid babatee-, kombuistee-, en trougeskenke, wat alles mooi in een strikkieboks gebind en gestuur word regoor Suid Afrika.
Elke boks is uit Zelda se hart saamgestel, wat my toewyding aan kwaliteit en liefde vir geskenke weerspieël.
Kies Strikkies vir elke geleentheid en maak dit onvergeetlik!